Hoe kies ek die regte kolf vir my seun of dogter?

Lengte, gewig en “drop” van ‘n kolf asook die materiaal het ‘n invloed op ‘n besluit ten opsigte van die regte kolf vir ‘n speler. Die tipe speler moet ook in gedagte gehou word.

Materiaal

Kolwe word uit 3 tipe materiaal gemaak:

  • Hout – kom baie selde voor in Suid Afrika, meestal in Amerika gevind
  • Aluminium – Goedkoper as “composite” kolwe, meer styf wat nie so baie “pop” gee soos “composite” kolwe nie
  • “Composite” – Duurder, meer “pop” maar kan breek, belangrik om regte kolf vir speler te kies.

Lengte van kolf

“t-ballers” – Kolwe kom in lengtes van 22-27 duime (inches) vir  ouderdom 5-9 jaar oud, meestal net aluminium kolwe

Juniors – Laerskool, Ouderdom 10 – 13 jaar – lengtes 28 – 32 duim (inches)

Seniors – HSkool, Ouderdom 14+ lengtes 32 – 33 vir dogters en 32 – 34 vir seuns

Gewig van kolf

Gewig van kolwe wissel van 15 – 30 onse (oz)

“Drop”

Nou hier raak dinge nou interessant, die “drop” van ‘n bat is die gewig minus die lengte van ‘n kolf, bv 30 oz 33″ kolf sal -3 Drop wees.

Hoe laer die “drop” hoe swaarder voel die kolf, laer “drops” is vir krag slaners (power hitters) wat gewoonlik “home runs” slaan, normale spelers kyk na -10 of -11 “drop”

Speler

Die bou van die speler asook die styl, bv groot gebou slaan meestal “home runs” sal laer drop gebruik -8 of -9

Tabel

Hier is tabel wat aanduiding gee van kolf vir lengte en gewig van speler